15-16 Maart 2013 (50 jaar) en 28-30 Julie 2006 (43 jaar)
April 11, 2013
Marius Leibold laat weet uit Nieu-Seeland:
Hello
Pietie le Roux het genoem om inligting direk aan te stuur na hierdie epos adres.
Aangeheg 'n foto van Marius Leibold en sy vrou Rita, saam met hulle seun Dieter in Wilmington, VSA. Marius was in DFM matriekklas 1963 en Rita in Bellville Hoerskool, klas van 1970.
Tans is hulle woonagtig in die VSA en Nieu-Seeland, met permanente verblyfreg in beide lande. Hulle is steeds SA burgers, en besoek SA sowat 2-3 maande elke jaar.
Benewens een seun woonagtig in die VSA, het hy en sy vrou ook twee dogters, woonagtig in Nieu-Seeland, en altesaam is daar tans 5 kleinkinders.
Die een dogter (Heidi ) en seun Dieter was ook op DF Malan, terwyl die ander dogter (Ingrid) op Settlers was.
Marius is professor in Strategiese Bestuur en Innovasie, steeds aktief as dosent in Nederland (Business School Netherlands), Duitsland (Jacobs University), Nieu-Seeland (Auckland University) en VSA (University of North Carolina). Hy is professor emeritus aan Universiteit Stellenbosch, waar hy sedert 1974 dosent was tot sy aftrede in 2006. Vanaf 1964 tot 1974 was hy werksaam by Sanlam, WR Grace, Nasionale Pers en Krygkor-Denel, in verskeie posisies vanaf rekeningkundig tot bemarking. Gedurende daardie tien jaar in die besigheidspraktyk het hy hom verder bekwaam (deeltyds), en sy doktorsgraad in 1981 verwerf. Tans is hy betrokke as deeltydse dosent en navorsingsleier by verskeie oorsese universiteite. Hy is ook betrokke by Stellenbosch Universiteit, as konsultant vir korporatiewe innovasie, soos innovasie van departemente Musiek, Drama en Sport, in 2010 tot 2013. In 2013 is hy ook betrokke by University of North Carolina in die ontwikkeling van 'n 'Executive DBA' vir die universiteit.
Benewens akademiese aktiwiteite, bedryf Marius sy eie Bestuurskonsultasie-maatskappy. Sien sy webwerf www.mariusleibold.com
DF Malan hoerskool bly vars in Marius se gedagtes, met besondere positiewe en vormende waardes wat ingebou is. Die skoolmaats het almal wonderlike indrukke meegemaak en ingebou, met soveel pret en plesier, tussen die skoolwerk, kadette, sport en kultuurbedrywighede. In sy Graad 10 jaar (destyds standerd 8) was hy op 'n DFM-CSV kamp by Ceres, en het daar vir Christus as persoonlike verlosser aanvaar.
Dit het sy lewe omgekeer van negatief tot positief en blymoedig, en die afgelope 40 jaar is hy betrokke by Christian Business Men Connection (CBMC).
Kyk gerus na die persoonlike webwerf van Marius. Kontak hom gerus as enige verdere inligting benodig sou word.
Dankie vir die geleentheid om te kan deel.
Mag DF Malan steeds geseen word met wonderlike onderwysers, personeel, en leerders, wat gevorm word tot positiewe deelnemers in ons gemeenskappe.
Groete en beste wense.
Marius (Leibold)
-----Original Message-----
From: Marius Leibold [mailto:ml@leiboldmail.com]
Sent: Thursday, April 11, 2013 3:21 PM
To: 'ml@leibold.cc' (ml@leibold.cc)
Subject: a picture for you
You have been sent 1 picture.
IMG_1622.JPG
These pictures were sent with Picasa, from Google.
Try it out here: http://picasa.google.com/